Antieke Sumer lê in die suide van Iraq. Dis hier waar ons die meeste inligting kry oor die lewe na die sondvloed.

Sumer kan beskou word as die bakermat van beskawing.

Kom ons kuier so ‘n oomblikkie by Larsa, een van Sumer se oudste stede.

Die mense was baie godsdienstig en hulle het sommer ‘n hele klomp afgode gelyktydig aanbid.

Die aanbidders het geglo die gode beheer alles op aarde en om hulle gelukkig te hou was van uiterse belang. Wee jou as jy ‘n verkeerde ding doen.

Hier by Larsa was Utu die songod baie gewild.

Vandag sien ons net ‘n klomp puin maar lank gelede was hier baie mense.

Nadat die Derde Dinastie van Ur in 2000vC deur die Elamiete verwoes is, het Ishbi-Erra, ‘n amptenaar van koning Ibbi-Sin met ‘n nuwe begin hier by Larsa begin.

HEROWER

Ishbi-Erra het toe later sommer vir Ur gaan herverower.

Ek kyk na sy beeldtjie in die Irakese museum en wens hom geluk vir sy deursettingsvermoë.

MAGSPOSISIE

Onder koning Rim-Sin l het Larsa tussen 10 en 15 stads state beheer.

Larsa is ook die plek Babiloniese wiskundige tablette ontdek is, insluitende die Plimton 322 wiskundige tablet.

Plimpton 322, analysed solely as a piece of mathematics, looked very modern, although it was impossible to say which branch of modern mathematics it most closely resembled: trigonometry, number theory, or algebra. It seemed millennia ahead of its time, incomparably more sophisticated than other ancient mathematical documents.

Larsa is thought to be the source of a number of tablets involving Babylonian mathematics, including the Plimpton 322 tablet that contains patterns of Pythagorean triples.

Wanneer mens die ruïnes besoek, kan jy jouself nie in hierdie ontwikkelde mense se intelligensie indink nie.

In die Irakese museum in Bagdad het ek nog meer wiskundige tablette raakgeloop.

Wat is jou oordeel mbt hierdie mense se intelligensie?

‘n Argeoloog met die naam van Loftus het boustene van Nebukadnesar hier ontdek wat daartoe gelei het dat hulle die plek as Larsa geïdentifiseer het.

GESEGDES VAN MENSE

Antropologie is so ‘n fasinerende studie. In die Sumeriese kleitablette het ek ‘n paar oulike segoed raakgeloop.

Kom ons luister na stemme van 4000 jaar gelede:

‘n Man, solank as wat hy nie werk nie, sal niks hê nie.

Ek het in die mooi vir soortgelyke gedagtes gaan soek, en die volgende gekry:

Spr 6:10  Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus!

Spr 6:11  So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.

En dan is hier ‘n baie snaakse iets op ‘n kleitablet gevind. Miskien het Abram en Sara dit gelees:

“Iets wat nog nooit in nooit in menseheugenis gebeur het nie. ‘n Jong vrou het ‘n wind opgebreek terwyl haar man haar omhels het.”

Dit klink amper soos gesegdes wat ons op Whatsup kry.

Dan is daar iets wat oor kommersiële sake praat.

RAAD OOR DONKIE KOOP

“My seun jy moenie ongehoorsaam wees nie. Ek het met jou gepraat. ‘n Mens moenie ‘n donkie koop wat baie balk nie.” Anet 595

Spr 20:14  “Sleg! Sleg!” sê die koper, maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.

OOR VERGELDING

“Moenie jou vyand vergeld vir wat hy jou aangedoen het nie. Beloon hom met goedheid vir die kwaad wat hy jou aangedoen het. wees vriendelik teenoor jou vyand.” Anet 595

Ek wonder of Paulus van die wysheidliteratuur van die Sumeriërs studeer het.

Luister wat skryf hy:

Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Rom 12:20  As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

Rom 12:21  Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Kan jy jou voorstel watter aangename plek ons planeet sou wees as ons deur God se genade so teenoor mekaar optree?

“Moenie te baie praat nie en let op wat jy sê. Wat jy oorhaastig sê mag jy later berou. Gebruik groot selfbeheersing wanneer jy met iemand praat.” Anet 595

Jakobus 1:19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Jak 1:26  As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.

1Pe 3:10  Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

Ek stap hier by Ur en ek vra die Here om my tong terug te hou wanneer ek iets leliks van iemand wil sê.

“Eerbied en respek bring guns.” Anet 595

Lev 19:32  Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.

Spr 13:13  Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie, sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.

Heb_12:28  Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

UR-NAMU

By Ur het ek iets baie moois ontdek.  Soos by al die ander Sumeriese tempels was dit ook die geval by Ur.

Mettertyd verval ‘n tempel en dan op een of ander stadium moet hy in sy regte staat herstel word.

Kom ons lees wat die Sumeriërs hieroor geskryf het:

Vir Nanna, die oudste seun van Enlil, sy koning – Ur-Nammu, die magtige man, die heer van Uruk, die koning van Ur, die koning van Sumer en Akkad – die Etemennniguru, sy geliefde tempel – het hy gebou; hy het hom in sy regte staat herstel.

Iewers hier in een van die vertrekke het Daniël dieselfde woord gebruik vir die herstel van ‘n ander tempel.

Kom ons lees dit:

Dan 8:13  Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur—van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid—sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?

Dan 8:14  En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.

“Regte staat herstel” hapax legamonon?

Dis een van die mooiste studies in die book Daniël. Kyk gerus na my reeks oor Daniël.

Dit kom daarop neer dat die verlossingsplan nie net my sondeskuld vergewe nie, maar dat die verslag daarvan uitgewis gaan word.

Wat vir my so besonders was, was die feit dat dieselfde woorde ook in Sumeries gevind word.

PARADYS

Eeue gelede het dit nie so verlate en vervalle by Ur gelyk soos nou nie. Toe Abram hier was, was dit ‘n lushof.

In die hart van die mens is daar ‘n verlange na plek waar konflik nie meer gaan bestaan nie.

Ons verlang na ‘n plek waar daar nie misverstande gaan wees nie.

Enmerkar van Eridu skryf:

Lankgelede was daar nie slange nie, daar was ook nie skerpioene nie.

Daar was nie hiënas nie, daar was nie leeus nie.

Daar was nie wildehonde nie,

Daar was nie vrees of terreur nie.

Daar nie mense wat gewedywer nie.

Luister na die boodskap wat op ‘n ander kleitablet gevind is:

“Vir An, die koning van die gode, het sy koning – Ur-Nammu die koning van Ur – ‘n luisterryke, idillies tuin geplant. ‘n Soort hemelparadys waarin alles wat rein, mooi, vreugdevol en ewigdurende is.”

Kish kiri, gup mag, sikkil.

NIPPUR

By Nippur het ek die mooiste definisie van liefde gekry. Hier bo op die koppie het die ziggoerat gestaan. Dis hier waardie tempels gebou was. Die plek word die Ekur genoem.

Ki aarde; aga staan vir om te meet – afstand. Ki aga beteken ek het jou life.

Is daar ‘n teks in die Bybel wat dieselfde definisie vir goddelike liefde gebruik?

Psa 103:10  Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

Psa 103:11  Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

Psa 103:12  So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Psa 103:13  Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

Psa 103:14  Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

Hier verduidelik die psalmis dat God se liefde nie gemeet kan word nie.

En al was ek of jy die enigste sondaars, sou Hy vir ons sondes kom sterf het en Sy ongelooflike liefde vir ons kom bewys het.

BORSIPA

Ons gaan ‘n draai maak by Borsippa. Die ziggoerat was ook Birs-Numrud genoem.

BABILON

Die ander plek is Babilon. Wat het hier tydens die Nuwejaarsfees plaasgevind?

Luister na die visioen wat Jesaja in Jerusalem gehad het:

Jes 46:1  Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ‘n vrag vir die vermoeide diere.

Wie is Bel?

Dis ‘n titel wat op Marduk dui, die god wat Babilon beskerm.

Tydens die aarlikse Nuwejaarsfeesvierings, het die koning die “hande van Marduk” geneem.

Dit was simbolies van die bevestiging van die koningskap vir die volgende jaar.

Baie mooi gebaar maar dit was die verkeerde god.

Die naam Bel verskyn in die name Beltesassarr (Dan. 1:7) en Belshassar (Dan. 5:1).

Wat noem ons dit as ‘n god se naam in ‘n mens se naam voorkom?

Jes 46:1   Bel het ineengestort, dis klaar met Nebo! Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste gelaai. Hulle het ‘n vrag geword vir moeë diere. Wat gaan hier aan?

Wie is Nebo?

Die god van kennis en literatuur. Hy is by Borsippa aanbid. Die naam van sy tempel was

Esida “die fermhuis.”

Nabu het jaarlikse besoeke ter ere van sy pa Marduk tydens die Nuwejaarsfeesviering gemaak.

Op sy beurt het Bel Marduk halfpad na Borsippa gestap om sy seun Nabu te ontmoet.

Jes 46:1  Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste gelaai. Hulle het ‘n vrag geword vir moeë diere.

Die sterk manne met die groot spiere van die gym kon nie die gode heelpad dra nie.

Wat ‘n verleentheid. Die perde donkies en kamele moet ingespan word om hierdie gode te dra.

Jes 46:2  Dit is klaar met julle gode, hulle het ineengestort, hulle kan hulle vrag nie dra nie en word self in ballingskap weggevoer.

In die visioen sien Jesaja die patetiese prentjie van hoe die gode op diere gelaai is. Miskien het hulle ook na afgeval.

En dan sien hy dat die gode weggevoer word. Wanneer het dit gebeur?

Toe Sanherib Babilon in  689 vC verwoes het, het hy  Marduk saam met ander oorlogsbuit na Assur geneem.

Wat sien die profeet Jesaja in sy visioen? ‘n Visoen wat die bannelinge sommer nuwe moed gegee het en ook sommer vir jou en my.

Jes 46:3  Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.

Jes 46:4  Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.

Hoe lank moes julle julle kinders dra?

Hoe het julle hulle opgetel?

Hoeveel soene het daardie kleinding gekry?

En hoe het julle gemaak met daardie outydse doeke wat nie waterdig was nie.

Ek het my ou dingetjie styf vasgehou. In my vashou was daar ‘n liefde wat ek nie geweet het ek besit nie.

As ek ‘n warmgevoel van die doek af kry, het ek geweet wat gebeur het. Ek het haar nie verwyt nie.

Ek daardie doek afgehaal, die ou boutjies skoongemaak. Nadat ek die ou boutjie gesoen het, het Johnsens babapoeier gestrooi en ‘n nuwe doek aangesit.

Dan het ek haar in haar bedjie gaan neerlê en vir haar gebid.

Toe sy begin stap het, het sy meer geval as geloop.

Ek het daardie huilende ou dingetjie nie verwyt omdat sy geval het nie.

 Ek het haar opgetel.

DIE HERE EN ONS

As ek en jy so tederlik ons ou kindertjies grootgemaak het, hoeveel te meer ons hemelse Vader.

Wanneer my gevalle natuur so swaarword dat my ou beentjies van selfbeheersing knak, was Hy nog elke keer daar.

“Jy is ‘n skande vir Naam. Hoekom het hy dit gedoen?”Nee nee nee.

Geen verwyte nie, net ‘n liefdevoll laagbuk waar ek in skande en selfverwyt lê.

 Hy doen ondersoek om te sien hoe seer ek met my sondeval my gemaak het. En dan plak Hy dit met ‘n pleister van vergifnis toe sodat niemand die lelike ou wond sien.

Hy laat nie toe dat ek op die grond van pyn, selfverwyt en skande lê nie. Hy tel my met Sy  sterk arms van verlossing sodat ek weer op my voete kan staan.

Ek het vir my vallende Laurettatjie gesê: “Kom pappie se dierbare ou kindtjie, kom ons probeer weer.”

Nog elke keer wanneer ek geval het, het Hy my sonder selfverwyt kom optel en elke keer gesê:

“Kom my dierbare ou kindtjie, kom ons probeer weer.”

Jesaja 46:4 Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.