SALMON – DEEL 6

Toe die veroweringoorloë verby was, het Josua in die rustinge Timnat-Serag gaan woon.

Jos 23:1,2  ‘n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was, het Josua die hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters.

Etlike jare het al verloop sedert die volk hulle erfnis bewoon het, en dieselfde kwaad waaroor die Here Israel voorheen met Syu oordele besoek het, het weer begin kop uitsteek. En toe Josua die gebree van die ouderdom oor om begin voel kom en hy besef dat sy werk binnekort ten einde moes loop, was hy baie bekommer oor die toekoms van sy volk.

Met meer as vadertlike belangstelling het hy bulle toegesreek terwyl hulle weer eens rondom die ou leier geskaar was.

En julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry. Jos 23:3

Hoewel die Kanaäniete onderdruk was, het hulle nog ‘n aansienlike deel van die land bewoon wat aan Israel belowe was, en Josua het sy vok vermaan om nie op hulle gemak te gaan sit en te verbeet dat die Here hulle beveel het om daardie heidense volke heeltemaal uit te dryf nie.

Die volk was oor die algemeen traag om die werk te voltooi en die heidene uit te dryf. Die stamme het na hulle besittings getrek, die leër is ontbind, en hulle het dit as ‘n moeilike en twyfelagtige onderneming beskou om die stryd voort te sit. Maar Josua het gesê:

Jos 23:4  Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af—met al die nasies wat ek uitgeroei het—tot by die Groot See in die weste.

Jos 23:5  En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het.

Jos 23:6  Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;

Josua het op die volk ‘n beroep gedoen om self te getuig dat namate hulle die voorwaardes negekom het God Sy beloftes aan hulle gestand gedoen het. Hy het gesê:

Josua 23:14  En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

Hy het betuig dat God Sy dreigemente net so getrou as sou uitvoer soos Sy beloftes.

Jos 23:15  Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

Die Satan verlei baie met die aanneemlike teorie dat die liefde van God vir Sy volk so groot is dat Hy sonde in hulle sal oorsien; hy beweer dat hoewel die dreigemente van God ‘n sekere doel in Sy sedelikeregering moet dien, hulle nooit letterlik vervul sal word nie.

Maar in al Sy handelinge met Sy skepsele, het God die beginsels van regverdigheid gehandhaaf deur die ware aard van die sonde openbaar te maak –  deur te bewys dat ellende en die dood die gewisse uiteinde daarvan is.

Daar was nooit onvoorwaardelike vergifnis van sonde nie, en dit sal ook nooit wees nie. So ‘n vergifnis sou bewys dat die beginsels van geregtigheid, wat die grondslag van die regering van God is, afgeskaf is.

Dit sou die ongevalle heelal tot onsteltenis stem. God het getrou op die gevolge van sonde gewys, en as daardie waarskuwings nie waar was nie, hoe kan ons seker wees dat Sy beloftes in vervulling sal kom? Die sogenaamde welwillendheid wat regverdigheid opsyskuif, is nie welwillendheid nie, maar swakheid.

God is die Lewegewer. Al Sy wette is van die begin tot die lewe verorden. Maar sonde het inbreek gemaak op die orde wat God gestig het, en wanorde het gevolg. So lank die sonde bestaan, is lyding en dood onvermydelik. Dit is net omdat die Heiland die vloek van die sonde om ons onthalwe op Hom geneem het, dat daar vir die mens hoop is om aan die persoonlike aaklige gevolge daarvan te ontkom.

Voordat Josua gesterf het, het die hoofde en verteenwoordigers van die stamme, gehoorsaam aan sy oproep, weer by  Sigem vergader. Green ander plek in die land was so ryk aan heilige herinneringe wat hulle gedagtes na Gods verbond met Abraham en Jakob teruggevoer en hulle ook aan hulle eie plegtie beloftes tydens hulle intog in Kanaän heriunner het nie.

Daar was die berge Ebal en Gerisim, die stille getuies van daardie beloftes wat hulle nou in die teenwoordigheid van die sterwende leier kom vernieu het. Rondom hulle was bewyse wat God vir hulle gedoen het. Hoe Hy aan hulle ‘n land gegee het waarvoor hulle nie gewerk het nie, stede wat hulle nie gebou het nie, wingerde wat hulle nie geplant het nie.

Weereens het Josua die geskiedenis van Israel herhaal en hulle van die wonderwerke van God vertel sodat almal bewus kon wees van Sy liefde en genade en Hom “in opregtheid en waarheid” kon dien.

Op bevel van Josua is die verbondsark van Silo af daarheen gebring. Dit was ‘n baie plegtige geleentheid, en hierdie simbool van die teenwoordigheid van God, sou die indruk  verdiep wat hy graag op die volk wou maak.

Nadat hy van die goedheid van God teenoor Israel vertel het,het hy in die Naam van die Here ‘n beroep op hulle gemaak om ‘n keuse te maak. Afgode is nog in ‘ mate in die geheim aanbid en Josua wou hulle nou tot ‘n besluit bring wat afgodery uit Israel sou verban. Hy het gesê:

Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. Josua 24;15.

Josua wou nie hê hulle moes die Here uit dwang dien nie, maar vrywillig. Liefde vir Hom is die grondslag van ons aanbidding. Om Hom bloot te dien omdat ons beloon gaan word of die straf van oortreding vry te spring, sou niks uitrig nie. Openlike afvalligheid sou nie vir God so aanstootlik wees as huigelary en blote vormgodsdiens nie.

Die bejaarde leier het aangedring dat die volk hulle aandag aan alle aspekte van die saak moes skenk wat aan hulle voorgelê is. Hulle moes waaragtelik begeer om nie aan die walglike aanbidding van die omliggende nasies deel te neem nie.

As dit dan vir hulle verkeerd voorgekom het om die Here die bron van krag, die bron van alle seëninge, te dien moes hulle daardie dag kies wie hulle wou aanbid – “die gode wat julle vaders…gedien het,” die vaders onder wie Abraham uitgeroep is, of “die gode van die Amoriete in wie se land julle woon.”

Hierdie laaste woorde was ‘n skerp bestraffing vir Israel. Die gode van die Amoriete kon hulle nie beskerm nie. Asgevolg van hulle afgryslike sondes is hulle uitgewis en hulle grond het nou aan die volk van die Here behoort. Hoe dwaas vir Israel om die gode te kies oor wie se aanbidding die Amoriete uitgedelg is. (Amoriete is uitgedelg oor hierdie gode wat hulle aanbid het. “Ek en my huis” het Josua gesê, “ons sal die Here dien.”

Dieselfde ywer wat die leier besiel het, die volk ook besiel. Op sy oproep het hulle sonder  om te aarsel geatnwoord: “Dit is ver van ons, dat ons die Here sou verlaat om ander gode te dien.”

Luister hoe Josua hierop geantwoord het:

Jos 24:19  Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.

Voordat daar ‘n blywende hervorming onder die volk kon wees, moes hulle hulle onmag voel om die Here in hulle eie krag te gehoorsaam. Hulle het Sy wet oortree en dit het hulle tot oortreders verdoem en sonder  enige hoop gelaat.

Terwyl hulle op eie krag en geregtigheid staatgemaak het, was die onmoontlik om vergifnis vir hulle sonde te ontvang. Hulle was magteloos om die volmaakte wet van God te hou en hulle tevergeefs belowe om dit te doen. Dit was alleen deur geloof in Jesus Christus dat hulle vergifnis van sonde kon  verkry en die hemelse krag sou hê om God se wet te gehoorsaam.

Hulle moes ophou om op hulle eie pogings staat te maak om die saligheid te verkry. Hulle moet geheel en al op die deugde van diue beloofde Heiland vertrou as hulle vir God aanneemlik wou wees.

Josua het sy toehoorders probeer oorreed om hulle woorde te tel en om geen beoftes te maak wat hulle nie gewillig is om na te kom nie. Met diepe erns het hulle die verklaring herhaal: “Nee, maar ons sal die Here dien.”  Ernstig het hulle ingestem om teen hulleself te getuig dat hulle die Here gekies het en weereens die die belofte van trou afgelê: “ons sal die Here onse God dien en na Sy stem luister.”

Jos 24:25  En op dié dag het Josua met die volk ‘n verbond gesluit en vir hulle ‘n insetting en ‘n reg vasgestel in Sigem.

Nadat hy ‘n verslag van hierdie plegtige ooreenkoms neergeskryf het, het hy dit saam met die wetaan die kant van die verbondsark geplaas.

Jos 24:27  Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ‘n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ‘n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

Jos 24:28  Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

Josua se werk was afgehandel. Hierdie Godsman het die Here sy hele lewe lank getrou gedien.

Jos 24:29  En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, honderd en-tien jaar oud.

Jos 24:30  En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel in Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs.

Die roemrykste getuienis van sy karakter as leier is die geskiedenis van die geslag wat sy leiding waardeer het.

Jos 24:31  En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.

Wat se inskrywings gaan daar in jou en my se rekord staan wanneer ons die dag ons asem gaan uitblaas?