SALMON – DEEL 5 MISVERSTAND

Twee van die stamme van Israel, God en Ruben, met die helfte van die stam van Manasse, het hulle erfnis ontvang voordat hulle oor die Jordaan getrek het. Vir ‘n volk wat hom op veeteeld toegelê het, het die wye vlaktes en die vrugbare woude van Gilead en Basan en die uitgebreide weiding vir hulle kuddes ‘n aantreilikheid ehad wat nie in Kanaän self  te vinde was nie.

Die twee en ‘n halwe stam het begeer om daar te bly. Hulle het hulle egter verpand om hulle deel van die krygsmanne te voorsien wat hulle boreders oorkant die Jordaan sou vergesel. Hulle sou saam veg totdat hyulle hulle erfnis sou bekom.

Hulle het hulle verpligtinge getrou nagekom. Toe die tien stamme in Kanaän ingetrek het, het veertigduisend van die kinders van Ruben en die kinders van God en die halwe stam van Manasse Jos 4:12,13  wat vir oorlog gewapen was,  voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.

Jare lank het hulle dapper aan die sy van hulle broers geveg. Nou het die tyd aangebreek vir hulle om na hullke erfnis terug te keer. Aangesien hulle met hulle broers saamgeveg het, het hulle ook hulle deel van die buit ontvang. Luister wat Josua vir hulle voorgeskryf het:

Jos 22:8  en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en ‘n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.

Hulle moes dit met hulle gesinne en die mense wat na hulle kuddes omgesien het deel.

Hulle sou nou ‘n lang afstand van die heiligdom van Silo na hulle huise aflê. Josua was  bekommernd toe hulle daar weg is watn hy het geweet aan watter groot versoekings in hulle afgesonderde, swerwerslewe blootgestel sou word.  Daar was ook die versoekings van die gewoontes van die heidene op hulle landsgrense.

Terwyl Josua en die owerstes nog hieroor bekommerd was, het vreemde gerugte hulle ore bereik. Langs die Jordaan, naby die plek Isael deur ‘n wonderwerk deur die Jordaan gelei is, het die tgwee en ‘n halwe stam ‘n groot altaar, soortgelyk aan die brandofferaltaar by Silo, opgerig. Die wet van God het op straf van die dood enige ander soort aanbidding as die by die heiligdom belet.

As dit die doel van die altaar was, sou dit, indien dit toegelaat word om daar te bly, die volk van die ware geloof weglei.

Die verteenwoordigers het by Silo byeengekom en in hulle verontwaardiging besluit om dadelik teen die oortreders oorlog te maak. Die gematigdes onder hulle het hulle egter oorreed m eers ‘n afvaardiging te stuur om die twee en ‘n halwe stam die geleentheid te gee om hulle saak te verduidelik. Tien owerstes, een uit elke stam, is gekies. Aan hulle hoof was Pineas wat hom by Peor weens sy ywer vir die Here onderskei het.

Die twee en ‘n halwe stam het ‘n fout begaan deur sonder verduideliking ‘n daad te begaan wat ernstige agterdag kon verwek. Die afgevaardigdes was oortuig dat hulle broers skuldig was, en het hulle skerp daaroor berispe.

Hulle het hulle van opstand teen die Here beskuldig en hulle vermaan om hulle te herinner aan die oordele waarmee Isael besoek is omdat hulle hulle met Baäl-Peor besoedel het. Namens die ganse Israel het Pinehas aan die kinders van Gad en Ruben gesê dat indien hulle nie onwillig was om sonder ‘n brandofferaltaar in hulle eie land te bly, hulle verwelkom sou word om in die besittinge en voorregte van hulle broers oorkant die river te deel.

Diue beskuldiges het geantwoord dat die altaar ie vir brandoffers bedoel was nie, maar eenvoudig as ‘n getuienis dat hoewel hulle deur die rivier geskei was, hulle nog aan dieselfde geloof behoor het as hulle broers in Kanaän. Hulle het gevrees dat hulle kinders misken in die toekomstige jare van die tabernakel uitgesluit kon word asof hlle geen deel van Israel was nie.

Dan sou hierdie altaar wat op die patroon van die altaar van die Here in gebou is, getuig dat sy bouers aanbidders van die lewende God was.

Diue gesante het hierdie verklaring met groot vreugde aanvaar en die berig onmiddellik teruggeneem na diegene wat hulle gestuurt het. Alle gedagtes aan oorlog is onmiddellik laat vaar en die vok het hyulle tesame verbly en die Here geloof.

Daarna het die kinders van Gad en Ryuben ‘n kennisgewing aan die altaar aangebring om te verduidelik vir watter doel dit opgerig is, en hulle het van die altraa gesê:

“Hy is getuie tussen ons dat die Here God is.” Josua22:34. So het hulle geprobeer om enige toekomstige misverstand uit die weg te ruim en om alle aanleiding tot versoeking te verywder

Hoe dikwel onstaan daar onenigheid uit eenvoudige misverstande, selfs onde mense wat deur die allerbeste beweegredes aangedryf word; en as daar nie hoflikheid en verdraagsaamheid aan die dag gelê word nie, kan daar ernstige, selfs dodelike, gevolge wees.

Die tien stamme het onthou hoe God hulle in die geval van Agan bedraf het omdat hulle nie gewaak het om sonde in hulle midde teop te sppor nie. Nou het hulle besluit om sonder versuim en ernstig op te tree; maar in hulle poging om hulle eerste fout te vermy, het hulle hulle broers bestraf en veroordeel. As die mannevan God en Ruben in dieselfe gees geatwoord het, sou daar oorlog gevolg het. Hoewel dit aan die een kant belangrik is om sonde nie ligtelike op te neem nie, is dit ewe belangrik om harde oordeel en ongegronde agterdog te vermy.

Hoewel hulle baie gevoelig is vir die geringste blaam met betrekking tot hulle eie gedrag, tree baie mense te streng teen mense op wat hulle van dwaling verdink. Niemand is ooit deur bestraffing en verwyte van ‘n dwaalweg herwin nie; maar talle word op hierdie manier net nog verder van die regte weg verdryf en die gevolg is dat hlle hyulle harte teen oortuiging verhard.

Sagmoedigheid en hoflikheid en verdraagsaamheid kan baie dwalendes red en ‘ menigte sondes bedek.

Die wysheid wat die Rubeniete en hulle metgeselle aan die dag gelê het, is prysenwaardig. Terwyl hulle waarlik gestreef het om hulle godsdiens te bevorder is hulle verkeerd beoordeel en streng bestraf; nogtans het hyllke geen aanstoot geneem nie. Hulle het hoflik en geduldig na hulle broers geluister voordat hulle hulle probeer bededig het, en daarna het hulle hulle beweegrede ten volle verduidelik en hulle onskuld bewys. So is dan die moeiliheid wat sulde ernstige gevolge kon gehad het, geskik.

Selfs wanneer hulle vals beskuldig word, kan mense wat die reg aan hulle kant het, dit bekostig  om kalm en bedagsaam te bly. God ken alles wat mense misverstaan en verkeerd vertolk, en ons kan ons saak met veiligheid in Sy hande los.

Net so seker as wat Hy Agan se sonde laat uitkom het sal Hy die onskuld van diegene bewys wat hulle vertroue in Hom stel. Degenewat deur die gees van Christus beweeg word, sal die soort lierde besit wat lankmoedig en vrendelik is.

Dit is die wil van God dar eenheid en broederliefde onder Sy volk moet wees. Net voor Sy kruisiging het Jesus gebid dat Sy dissipels een moet wees net soos Hy en die Vader een is sodat die wêreld kan glo dat God Hom gestuur het.

Hierdie uiters roerende en pragtige gebed  reik deur die eeue tot in ons tyd want Hy het gebid:

Johannes 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo.

Hoewel ons geen enkele beginsel van die waarheid moet prysgee nie, behoort ons ons voortdurfende ten deol te stel om daardie toestand van eenheid te bereik.

Dit is die bewys van ons dissipelskap. Jesus het gesê: Joh 13:35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Die apostel Petrus vermaan die kerk:

1 Petrus 3:8  En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

1Pe 3:9  Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.