VRYSTEDE

Ses van die stede wat aan die Leviete toegesê is – aan weerskante van die Jordaan drie – is as vrystede aangewys. Die doodslaner kon na hierdie stede vir beskerming vlug. Moses het beveel dat hierdie stede aangewys moes word:

Núm 35:10  Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die land Kanaän trek,

Núm 35:11  moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat ‘n doodslag begaan het, een wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.

Núm 35:12  En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat ‘n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.

Hierdie genadige voorsiening was noodsaaklik weens die outydse gebruik van persoonlike wraak waardeur die moordenaar deur die naaste bloedverwant of erfgenaam van die oorledene gestraf moes word.

In gevalle waar die skuld duidelik bewys was, was dit onnodig om te wag totdat die saak deur die owerstes verhoor word. Die bloedwreker kon die misdadiger orals agtervolg en hom doodmaak net waar hy hom kry.

Die Here het dit nie destyds goed geag om daardie gewoonte af te skaf nie, maar Hy het voorsiening gemaak vir die beskerming van diegene wat iemand perongeluk doodgemaak het.

Die vrystede is op so ‘n manier oor die land versprei dat net ‘n halfdagreis nodig was om een uit enige deel van die land te bereik. Die paaie daarheen moes altyd in ‘n goeie toestand onderhou word. Orals langs die pad was duidelike tekens met die woord “Toevlugsoord” in groot, maklik leesbare letters aangebring sodat die voortvlugtige gaan oomblik vertraag hoef te word nie.

Enigeen – Hebreër, vreemdeling of bywoner – kon van hierdie beskikking gebruik maak. Maar, hoewel die onskuldige nie haastig gestraf moes word nie nie, moes die skuldige ook nie ongestraf bly nie.

Die voortvlugtige se saak moes voor die owerhede gedaag en regverdig verhoor word, en alleen wanneer daar bevind is dat hy nie aan opsetlike moord skuldig was nie, kon hy deur die vrystad beskerm word.

Die skuldige is aan die bloedwreker oorhandig. Endiegene wat op beskerming geregtig was, kon dit alleen op voorwaarde ontvang dat hulle in die vrystad bly. As hy buite die voorgeskrewe perke weggedwaal het en deur die bloedwreker gevind is, moes hy met sy lewe boet omdat hy die voorsorg van die Here veronagsaamhet. Na die dood van die hoëpriester kon almal wat in die vrystede geskuil het egter na hulle besittings terugkeer.

Wanneer iemand weens moord tereggestaan het, kon hy nie op die getuienis van net een getuie skuldig bevind word nie, al was die aanwysinge teen hoim ook hoe oortuigend. Die Here het beveel:

Númeri 35:30  As iemand ‘n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.

Dit is Christus wat hierdie voorskrif vir Israel aan Moses gegee het; en toe Hy persoonlik met Sy dissipels op aarde was, en hyulle geleer het hoe om die dwalendes te behandel. Die Groot Leermeester het die les herhaal dat die getuienis van een mens nie genoeg is om vry te spreek of te veroordeel nie.

Een mens se se siening en menign moet nooit’n twessaak beslis nie. In al hierdie sake moet daar twee of meer wees wat saamstem en hulle moet saamstem en hulle moet saam die verantwoordelikheid dra nie maar dat “in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. Matteus 18:16.

As iemand wat van moord beskuldig word skuldig gevind is, kon geen versoening of losprys hom red nie.

Genesis 9:6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

Núm 35:31  Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ‘n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.

Eks 21:14  Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.

Núm 35:33  En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.

Die veiligheid en die reinheid van die volk het vereis dat die sonde van moord streng gestraf moes word. Die mnenslike lewe, wat net God kon gee, moet op ‘n heilige wyse beskerm word.

Die vrystede wat vir Gods vok van ouds aangewys is, was ‘n simbool van die toevlug in Christus. Dieselfde genadige Heiland wat hierdie aardse vrystede gegee het, het, deur Sy eie bloed te stort, vir die oortreders van Sy wet ‘n veilig oord voorsien waarheen hulle kan vlug om van die tweede dood gered te word.

Geen  mag kan die siele wat by Hom vergifnis vra, uit Sy hande neem nie.

Romeine 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:34  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

Heb 6:18  sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;

Hy wat na die vrystad gevlug het, kon nie talm nie. Sy familie en sy werk het agtergebly. Daar was geen tyd om bemindes te groet nie. Sy lewe was op die spel en alle ander belange moes opgeoffer word om die een doel te bereik – naamok om ‘n veiligheidsoord te bereik.

Hy het sy moegheid vergeet en hom nie aan hjinderniise gesteur nie. Die voortvlugtige kon dit nie waag om een oomblik  sy pas te verminder totdat hy binne die stadsmure was nie.

Die sondaar word aan die gevaar van die ewige dood blootgestel totdat hy in Christus ‘n skuilplek gevind het; en op dieselfde manier as wat ‘n getalm en onverskilligheid die voortvlugtige sy enigste kans om te leef kan ontneem, so kan vertraging en geestelike onverskilligheid die ondergang van ‘n siel beteken.

Die Satan, die groot teenstander, is op die spoort van elke oortreder van God se wet, en hy wat nie met erns in die ewige skuilplek veiligheid soek nie, sal die verdelger te prooi val.

Die gevange wat dit enige tyd waag om die vrystad te verlaat, was aan die bloedwreker uitgelewer. Dit het mense geleer om vas te hou aan die reël wat jou verbied het om die stad te verlaat.

Net so is dit nie voldoende vir die sondaar om in Christus te glo vir vergifnis nie. Deur geloof en gehoorsaamheid moet hy in Hom bly.

Hebreërs 10:26  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

Heb 10:27  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.