SALMON – DEEL 3

Verdeling van Kanaän

Die oorwinning  by Bet-Horon is net daarna deur die verowering van die hele Suid-Kanaän gevolg:

Jos 10:40  So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het.

Jos 10:41  En Josua het hulle verslaan van Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by Gíbeon.

Jos 10:42  En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.

Jos 10:43  Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.

Die stamme van Noord-Palestiena was vreesbevange oor die welslae van die Israeliete en het ‘n bondgenooskap teen hulle gesmee.

Aan die hoof was Jabin die koning van Hasor – ‘n gebied wes van Merom.

Jos 11:4  Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, ‘n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met ‘n groot getal perde en strydwaens;

Jos 11:5  en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.

Dink jy die Here gaan ‘n woordjie van bemoediging vir Josua bring? Sal Hy dit ook met ons doen?

Jos 11:6  Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.

Naby die meer Merom he hy die aler van die bondgenote aangeval en hulle verslaan.

Jos 11:7  En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.

Jos 11:8  En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

Jos 11:9  En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

Waarom moes hierdie opdrag uitgevoer word?

Die perde en strydwaens warop die Kanaäniete geroem het, is nie deur Israel gebuit nie. Op bevel van God is die s trydwaens verbrand en die perde buite aksie geste sodat hulle ongeskik was vir oorlogvoering. Israel moes nie op strydwaens en perde staatmaak nie, maar op die Naam van die Here hulle God.

Die stede is een vir een verower, en Hasor, die  vesting van die bondenootskap, is verbrand. Die oorlog het jare geduur, maar uiteindelik was Josua in besit van die hele Kanaän.

Jos 11:23  So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as ‘n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.

Maar hoewel die mag van die Kanaäniete gebreek was, is hulle nog nie heeltemaal uitgedryf nie. Aan die weste was die Filistyne nog in besit van die vrugbare vlaktes langs die kus. Noord van hulle was die gebied van die Sidoniërs. Laasgenoemde was nog in die besit van Libanon; en in die suid, in die rigting van Egipte, was grond wat nog in die besit  van die vyande van Israel  was.

Dit was nie Josua se verantwoordelikheid om die oorlog verder te voer nie. Die groot leier moes ‘n ander werk verrig voordat hy sy verpligtinge teenoor Israel sou neerlê. Die hele land, en ook  die dele wat nog nie in hulle  besit was nie moes onder die stamme verdeel word.

Dit was die plig van elke stam om sy erfenis ten volle in besit te neem. As die volk aan God getrou sou bly, sou Hy hulle vyande voor hulle uitdryf, en Hy het beloof om no groter besittings aan hulle te ee as hulle net aan Sy verbond getrou sou bly.

Die verdeling van die land is aan Josua, Eleasar die hoëpriester en die stamhoogde opgedra. Elke stam se deel sou deur die lot belis word. Moses hyet reeds self die grense van die land vasgestel wanneer hulle die land in besit neem. Hy het uit elke stam ‘n vors aangestel om na die verdeling om te sien.

Omdat die stam van Levi julle geheel en al aan die dienste van die heiligdom moes wy, is hulle nie by hierdie teokenn9ng in ag geneem nie; maar48 stede in verskillende dele van die land is as erfnis aan die Leviete toegesê.

Voor die verdeling het Kaleb, saam met die hoofde van sy stam, ‘n spesiale versoek gerig. Naas Josau was Kaleb die oudste man in Israel. Hulle was die enigste onder die tien verkenners wat n gunstige versag oore die Beloofde Land gebring en die volk aangemoedig het om op te trek en dit in die Naam van die Here te verower.

Kaleb het Josua aan die belofte van destyds herinner wat oor hulle getrouheid gemaak is.

Jos 14:9  En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as ‘n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.  Dis hier waar Abraham, Isak en Jakob baie jare gewoon het; en daar was hulle in die spelonk van Magpela begrawe.

Maar Hebron was ook die woonplek van die gevreesde Enakiete wie se gedugte voorkoms die verkenners so groot laat skrik het dat hulle Israel se moed gebreek het. Dit was die plek wat Kaleb, in sy vertrue dat God hom die krag sou gee, bo elke ander plek verkies het.

Jos 14:10  En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;

Jos 14:11  ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.

Jos 14:12  Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.

Die oudstes van Juda het Kaleb se versoek ondersteun. Omdat kaleb self die man was wat deur sy stam aangestrel is om die land te verdeel, het hy besluit om die manne met hom saam te neem teneinde hierdie versoek te maak, sodat daar geen skyn kon wees dat hy sy gesag tot sy ee voordeel misbruik het nie.

Is daar ‘n les wat ons hier kan leer? Ek Salmon het altyd iemand saamgeneem wanneer ek die mooi verlossingsplan aan Ragab gaan verduidelik het. Ons het ook ‘n hele ryk gewag voordat ons getrou het.

Sy versoek is onmiddellik toegestaan. Aan niemand anders kon die vorwering van hierdie vesting van die reuse met meer veiligheid toevertrou  word nie.

Jos 14:13  Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.

Jos 14:14  Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.

Kaleb se geloof was nou nou nog net so sterk as toe sy getuienis die ongunstige verslag van die ander verkenners weerspreek het. Hy het die beloftte van God dat Hy Kanaän in die besit van Sy volk sou bring, geglo, en in hierdie opsig het hy volgehou om te die Here te volg.

Saam met sy vok het hy die lang omswerwinge in die woestyn deurgemaak en in die teleurstellings en laste van die skuldiges gedeel; nogtans het hy nooit daaroor gekla nie,maar eerser met log van die gende van God gespreek wat hom in die woestyn bewaar het toe sy broers omgekom het.

Te midde van al die moeilikhede, gevare en plae van die woestynomswerwinge,en in al die jare van oorlog sedert hulle in Kanaän aangekom het, het die Here hom beskermeHHere

; en noudat hy oor die tagtig jaar was, was sy krag nog nie uitgeput nie.

Hy het nie die grond gevra wat reeds verower was nie, maar die plek wat die verkenners bo al die ander as oninneembaar beskou het. Deur die hulp van die Here sou hy hierdie  vesting uit die hande van die reuse neem wie se krag die Israeliete se geloof laat wankel het.

Dit was nie omdat hy eer of selfverherheffing gesoek het dat Kaleb die versoek gerig het nie. Die dapper ou krygsman wou aan die volk van God ‘n voorbeeld stel wat wat God sou vereer en die ander stamme sou aanmoedig om die land te verower wat vir hulle vaders as onoorwinlik voorgekom het.

Kaleb het die erfnis gekry waarna hy veertig jaar lank verlang het, en met vertroue op God het hy “die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.” Josua 15:14.

Nadat hy op hierdie manier vir hom ‘n bestting en ‘n plek vir sy huis gekry het, het sy yser nie afgeneem nie; hy het nie gaan stilsit om sy erfdeel te geniet nie, maar hy het die stryd nog steeds tot voordeel van sy volk en tot eer van sy God voortgesit.

Die lafaards en die opstandelinge het in die woestyn omgekom, maar die getroue verkenners het van die druiwe en Eskol geëet. Aan elkeen is volgens sy geloof gegee. Die ongelowiges het hulle vrede vervul gesien.

Ondanks die beloftes van God het hulle verklaar dat dit onmoontlik was Kanaän te beërf, en hulle het dit nie besit nie. Maar hulle wat op God vertrou en nie soseer na die moeilikhede gekyk het as na die krag wat hulle Almagtige Helper kon gee nie, het in die goeie land ingegaan.

Dit was deur die geloof dat die helde van ouds “koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,   die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het. Hebreërs 11:33,34.

“Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het het, naamlik ons geloof.” 1 Johannes 5:4

KINDERS VAN JOSEF EN DIE VERDELING VAN DIE LAND

‘n Ander eis in verband met die verdeling van die land het ‘n heel ander gees as die van Kaleb openbaar. Dit het van die kinders van Josef gekom; Efraim en Manassa. Weens hulle groot getalle het hulle ‘n dubbele deel geëis.

Die lot wat vir hulle aagewys is, was die rykste deel van die land en het vrugbare dal van Saron ingesluit. Baie van die vernaamste stede was in die dal was nog in die hande van die Kanaäniete en die stamme het teruggedeins vir die taak en resiko om hulle erfnis te verower en hulle wou nog boonop van die grond hê wat reeds verower is.

Die stam van Efraim was een die grootste in Israel en boonop was dit ook waar Josua in betrokke was. Hulle het gedink hulle was op ‘n besondere deel geregtig.

Hulle het gesê: “Waarom het u my erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog ‘n groot volk is?” Josua 17:14. Maar die onkreukbare leier het geweier om van streng regverdigheid af te wyk.

Hy het geantwoord:  “As jy ‘n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar ‘n plek skoon in die land van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.” Vers 15.

In hulle antwoord het hulle die ware rede vir hulle traagheid openbaar. Hulle het nie die geloof en moed gehad om die Kanaäniete uit te dryf nie. Hulle het geantwoord:  “Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, het ysterwaens.” Vers 16.

Die God van Israel het Sy krag aan Sy volk verpand, en as die Eframiete die moed en die geloof van Kaleb gehad het sou geen vyand voor hulle kon standhou nie. Josua het hulle duidelkike begeerte om moeite en gevaar te vermy, met vasberadenheid bestry. Hy het gesê:

“Jy is ‘n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;  want die gebergte sal joue wees—’n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.” Josua 17,17,18

Sodoende is hulle eie redenasie teen hulle gebruik. Aangesien hulle, soos hulle beweer het, ‘n groot volk was, was hulle heeltemal in staat om, soos hulle broers, self vir hulle te sorg. Met die hulp van God was dit onnodig om die ysterwaens te vrees.

TABERNAKEL BY SILO

Tot op hierdie stadium was Gilgal die hoofkwartier van die volk en rusplek van die tabernakel. Maar nou moes dit na ‘n vaste  blyplek geneem word wat die Here aangewys het.

Silo was ‘n klein plekke wat in Efraim se grondgebied geval het. Dit was so halfpad in die land en baie maklik vir die ander stamme om daar uit te kom. Die vyande in die omgewing is verslaan en dit was veilig om hier kom aanbid het.

Josua 18:1 Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

Die stamme wat by Gilgal gewoon het, het saam met die tabernakel na Silo vertrek.

Die verbondsark het vir meer as 300 jaar in Silo gebly totdat dit asgevolg van Eli en sy goddelose seuns deur die Filistyne gebuit is en Silo ‘n puihoop geword het. Die ark is nooit daarna na die tabernakel teruggeneem geneem nie totdat die heiligdom in Jerusalem gebou is.

Die stamme het hier gebly totdat hulle na hulle nuwe tuistes getrek het.

Die ramp wat Silo en die ark getref het, het later vir Israel ‘n waarskuwing vir Jerusalem geword:

Jeremia 7:12-14  Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.

Jer 7:13  Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek die HERE, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie,

Jer 7:14  daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het.

JOSUA KRY SY ERFDEEL

Josua 19:49,50 Toe hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ‘n erfdeel onder hulle gegee; op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.

Eers toe al die stamme hulle erfdeel ontvang het, het Josua syne ontvang. Soos aan Kaleb is daar ook aan hom ‘n besondere erfenis belowe. Die naam wat aan die stad gegee is, was Timnat-Serag – “Die stukkie wat oorgebly het.” Dit was ‘n blywende getuienis van die edel karakter en onbaatsugtige gees van die oorwinnaar wat, pleks dat hy eerste aanspraak op die buit gemaak het, sy eise teruggehou het totdat die nederigste van sy volk trevrede was.