SALMON DEEL 2

In hierdie gedeelte gaan ons kyk na ‘n baie gevaarlike iets in die Christelike wedloop. Dit gaan oor selfvertroue. Die heidense filosofie van ons dag  moedig ‘n mens aan om groter selfvertroue te beoefen.

Sommige van ons konings het selfs so ver gegaan om hulle as gode te verklaar.

Kom ons hoor wat met Josua gebeur het toe hy homself begin vertrou het pleks om op die Here staat te maak:

Jos 7:1  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.

Jos 7:2  Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.

Jos 7:3  Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent twee duisend man of omtrent drie duisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met ‘n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.

Jos 7:4  So het daar dan van die manskappe omtrent drie duisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;

Jos 7:5  en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses en dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Sebárim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword.

Jos 7:6  Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.

Jos 7:7  En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!

Jos 7:8  Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?

Jos 7:9  En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?

Jos 7:10  Toe sê die HERE aan Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?

Jos 7:11  Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.

Jos 7:12  En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self ‘n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

Jos 7:13  Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is ‘n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.

Jos 7:14  Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom man vir man.

Jos 7:15  En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en ‘n skanddaad in Israel begaan het.

Jos 7:16  En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.

Jos 7:17  Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys;

Jos 7:18  toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, aangewys.

Jos 7:19  Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.

Jos 7:20  Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen die HERE, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.

Jos 7:21  Ek het naamlik een mooi mantel uit Sínear by die buitgoed gesien en twee honderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.

Jos 7:22  Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder.

Jos 7:23  En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgeskud.

Jos 7:24  Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor gebring.

Jos 7:25  En Josua het gesê: Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.

Jos 7:26  En hulle het ‘n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.

Hierdie was vir my ‘n donker hoofstuk in ons geskiedenis. Ek het baie geleer. Mag die Here ons  help om niks in ons besit te koester wat deur die Here verbied nie.

En nou kyk ons na iets moois wat net hierna gebeur het:

Jos 8:1  Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.

Jos 8:2  En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met Jérigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou ‘n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.

Jos 8:3  Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertig duisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur

Jos 8:4  en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad ‘n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;

Jos 8:5  en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan ‘n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;

Jos 8:6  en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het—want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer—en ons sal voor hulle uit vlug.

Jos 8:7  Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.

Jos 8:8  En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van die HERE moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel.

Jos 8:9  So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het dié nag onder die manskappe deurgebring.

Jos 8:10  Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.

Jos 8:11  En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.

Jos 8:12  So het hy dan omtrent vyf duisend man geneem en hulle in ‘n hinderlaag opgestel tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van die stad.

Jos 8:13  En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.

Jos 8:14  En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op ‘n afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad ‘n hinderlaag lê nie.

Jos 8:15  en Josua en die hele Israel het hul laat verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die woestyn.

Jos 8:16  Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg, is hulle van die stad afgesny,

Jos 8:17  sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.

Jos 8:18  En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.

Jos 8:19  En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.

Jos 8:20  Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.

Jos 8:21  Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval.

Jos 8:22  Daarop trek dié uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen Israel in geraak het, ‘n deel duskant en ‘n deel anderkant; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie.

Jos 8:23  Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na Josua gebring.

Jos 8:24  En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en dit met die skerpte van die swaard verslaan.

Jos 8:25  Al die gesneuweldes op dié dag, manne sowel as vroue, was twaalf duisend—al die mense van Ai.

Jos 8:26  En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.

Jos 8:27  Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.

Jos 8:28  Toe het Josua Ai verbrand en daarvan ‘n puinhoop gemaak vir ewig, ‘n wildernis tot vandag toe.

Jos 8:29  En die koning van Ai het hy aan ‘n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en ‘n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.

EBAL EN GERISIM

Die volgende iets wat Josua gedoen het,  was vir my baie aangrypend. Hy het ‘n bevel uitgevoer wat die Here vantevore vir Moses gesê het om te doen:

Jos 8:30  Toe het Josua ‘n altaar gebou vir die HERE, die God van Israel, op die berg Ebal,

Jos 8:31  soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: ‘n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en dáárop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.

Jos 8:32  En daar het hy ‘n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,

Jos 8:33  terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan—teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE—die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.

Jos 8:34  En daarna het hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek.

Jos 8:35  Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.

Hierdie inligting is so kosbaar. Laat my toe om dit net weer ‘n keer te herhaal en toe koester:

PP Hoofstuk 46.

Nadat die vonnis op Agan vertrek is, hjet die Here Josua aangesê om al diekrygsmanne van Israel te monster en weer teen Ai op te trek.

Die krag van God het Sy volk vergesel en die oorwinning is behaal.

Net hierna is alle militêre bedrywighede gestaak sodat ons aan ‘n godsdienstige plegtigheid kon deelneem.

Tot nog toe het ons nog nie die huise van die Kananiete geokupeer nie. Voor dit kon gebeur moes ons eers die vyande verslaan. Hierdie belangrike werk moes vir eers uitgestel word wat iets belangriker moes ons gedagtes vul.

Voor ons ons erfnis in besit neem moes ons ons verbond met God hernu. Moses se laaste opdragte het hy twee keer herhaal dat die stamme by die berge Ebal en Geresim moes vergader.

Die wet van God moes in ons almal se gedagtes ingebrand word. Hoewel ons nog nie magtige vyande verslaan het nie, was ons veilig want God het ons beveel om dit te doen.soos in die dae van Jakob, het “‘n skrik van God op die stede rongom” ons gekom.

Die plek wat vir hierdie plegtigheid aangewys is, was reeds heilig asgevolg van Abram en Jakob wat hulle altare hier opgerig het. Dit was ook hier waar Jakob die afgode van sy huisgesin onder ‘n eikeboom begrawe het.

Die natuur was asemrowend mooi. Die fonteine het daarvoor gesorg dat veldblomme die plek versier het.

Hoewel Ebal en Gerisim aan weerskante van die vallei staan, kom hulle voetheuwels so na aanmekaar dat die akoestiek perfek was.

Volgens Moses moet ‘n gedenksuil van groot klippe op die berg Ebal opgerig word. Dit is gepleister en die wet is op die pleister ingegraveer. Dit het beide die tien gebooie en die watte van Moses ingesluit.

Net langs die suil moes ‘n altaar van ongekapte klip opgerig word sodat slagoffers aan die Here geoffer kon word. Die feit dat die altar op Ebal gebou is, op die berg waar die vloeke uigespreek is, was baie betekenis vol. Dit het aangedui dat Israel weens sy oortreding van God se wet Sy toorn ontlok en die straf dadelik voltrek moes word.

Die offerlam het God se toorn afgeweer. Wat ‘n mooi verduideliking van die komende Messias wat die wêreld se sondes op Hom sou kom neem.

Ses van die stamme, nakokmelinge van Lea en Ragel, het op die berg Gerisim gestaan. Die twee slavinne het saam met Ruben en Sebulon en die ander nakomelinge op Ebal gestaan.

Die priesters met die verbondsark het in die dal tussen hulle stelling ingeneem.  Die blaas van die basuin het almal tot stilte geroep. Toe daar doodse stilte was het Josua by die verbondsark gaan staan en die seëninge afgelees van die wat gehoorsaam sou wees. Die  groot skare het met ‘n “Amen” gereageer.

Daarna het hy die vloeke gelees, en die stamme op Ebal het op dieselfde manier gereageer.

Die duisende stemme het soos een man plegtig geantwoord. Daarna is die wet van God tesame met in insettinge en ordening van Moses voorgelees.

Op Sinai het Israel die wet regstreeks uit die mond van God ontvang, en die heilige bevele in die handskrif van God, was nog steeds veilig in die ark. Maar nou was dit geskryf waar almal dit kon lees.

Almal het die voorreg gehad om self die voorwaardes van die verbond waaronder hulle Kanaän sou verower, kon lees. Die volk het ‘n keuse gehad om tussen seëninge en vloeke te kies.

Die wette is nie net op die suile geskryf nie, Josua het dit hardop vir die volk gelees.

In die boek Deuteronomium lees ons wie almal by die heilige wet ingesluit was

Deu 11:18  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees,

Deu 11:19  en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

Deu 11:20  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

Deu 11:21  sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

Terwyl ons daar tussen die twee berge staan, lees Josua die volgedende woorde:

Deu 31:10  En Moses het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van sewe jaar, op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding, op die huttefees,

Deu 31:11  as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.

Deu 31:12  Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.

Deu 31:13  En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om die HERE julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.

Die ou vyand gaan alles probeer om jou te keer om nie die pragtige wet van God te lees en te gehoorsaam nie.

As jy kinders het, moet jy jou bes doen om vir hulle van die heilige wet te leer. Praat van Sy majesteit, Sy goedheid en Sy krag soos wat die Bybel dit uitspel.

Elke vers en elke hoofstuk van die Bybel is ‘n boodskap van God aan elke mens. Ons moet sy insettinge as ‘n teken op ons hande en as ‘n voorhoofsband tussen ons oë bind. As dit bestudeer en gehoorsaam, sal dit ons lei soos die Israeliete gelei is – bedags deur ‘n wolkkolom en snags deur ‘n vuurkolom.

Jos 9:1  En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,

Jos 9:2  het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

Jos 9:3  Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,

Jos 9:4  het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;

Jos 9:5  ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

Jos 9:6  So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van ‘n ver land af; sluit dan nou ‘n verbond met ons.

Jos 9:7  Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan ‘n verbond met julle sluit?

Jos 9:8  Toe sê hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?

Jos 9:9  En hulle sê vir hom: U dienaars kom van ‘n baie ver land af, vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;

Jos 9:10  en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot was.

Jos 9:11  Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou ‘n verbond met ons.

Jos 9:12  Ons brood hier—warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan—kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.

Jos 9:13  En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het—kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene—hulle is verslyt deur die baie lang reis.

Jos 9:14  Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie.

Jos 9:15  En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ‘n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ‘n eed beloof.

Jos 9:16  Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.

Jos 9:17  Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim.

Jos 9:18  Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.

Jos 9:19  Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.

Jos 9:20  Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.

Jos 9:21  Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.

Jos 9:22  Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af—terwyl julle tussen ons in woon?

Jos 9:23  Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.

Jos 9:24  Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

Jos 9:25  Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

Jos 9:26  Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

Jos 9:27  So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.