JAKOB KNAK

Ek en my jongste seun Benjamin is alleen by die huis. Asgevolg van die droogte wat nou al twee jaar woed, het ek die ander tien seuns na Egipte gestuur om vir ons kos te gaan koop.

Ek het net besluit dat Benjamin nie saamgaan nie. Ek het nog nie oor sy broer Josef gekom nie en ek kan my nie indink wat ek sal maak as hy iets moet oorkom nie.

Terwyl ek nog so vir my seuns bid, het ek die honde hoor blaf.

SLEGTE NUUS

Dank die Here hulle is veilig terug. Maar waar is Simion vra ek hulle.

Met lang gesigte vertel hulle hoe sleg die regeerder van die land hulle behandel het. Hy het hulle drie dae in die tronk gestop. My seuns het gevrees dis die einde van hulle lewens.

Net voor die seuns weg is, het die regeerder hulle weer van spionasie beskuldig en vir hulle gesê hulle sit nie voete in Egipte as hulle nie die jongste broer volgende keer saambring nie.

“Pa hy het ons van spionasie beskuldig. Hy wou weet waar ons vandaan kom; hoeveel broers ons is en of ons pa nog leef.”

Tewyl my seuns die sakke graan aflaai, ontdek hulle die geld wat hulle vir die kos betaal het, is binne in hulle sakke.

Ek was saam met hulle ontsteld. Wat gaan hier aan? En wie is hierdie onbeskofte regeerder wat my eerlike kinders so sleg behandel het?

SKOK VAN MY LEWE

En toe kry ek die skok van my lewe. Hulle het my mooi laat verstaan dat as volgende keer moet gaan koskoop, Benjamin sal moet saamgaan.

En toe knak ek. Julle beroof my van kinders. Josef is nie meer nie, Simeon is in die tronk en ek weet nie eers of hy nog lewe nie.

Nou wil julle nog vir Benjamin ook van my wegneem.

Alles is teen my.